JOIN OUR MAILING LIST
Biewer Puppies Available

View Current Puppies to view the listing


Eerstens die retotriese vraag:

 

As Biewer Terriers dan uit twee Yorkies geteel is, is hulle tog Yorkies. Kan ek dan Biewer Terriers uit twee Yorkies teel of hulle dan kruis met Yorkies om Biewers te teel?

  

Antw:

 

Nee, beslis nie!   Mars Veterinary in Amerika het na volgehoue navorsing van twee jaar gevind dat die Biewer Terrier ‘n aparte ras is en nie ‘n Yorkshire Terrier met drie kleure nie.  As jy dus gaan kruis met ‘n Yorkshire Terrier, gaan jy ‘n kruisras kry wat jy nie by KUSA geregistreer gaan kry nie. KUSA dring aan op DNA toetse van Onderstepoort wat bewys dat hulle ouers albei Biewers is anders kan hulle onder geen omstandighede geregistreer word nie.

 

 

 

Is dit dan moontlik om Biewers  te teel uit Yorkies?

 

Eerste Kruising:  50% Biewer en 50% Yorkie

Tweede Kruising  75% Biewer en 25% Yorkie

Derde Kruising      87,5% Biewer en 12,5% Yorkie

Dan het hulle min of meer ‘n Biewers wat die kleure betref, maar wat dan van temperament en die tekstuur van hulle hare en die Simmetrie van hulle kleure?

 

Vraag is nou: Gaan hulle die moeite en tyd kan spandeer om na 7 geslagte eers ‘n opregte Biewer te te kan produseer? En wat van al die “Hybrid” reuntjies wat intussen gebore word – gaan hulle hulle doodmaak (cull) of elkeen laat steriliser? Hulle is tog beslis nie Yorkies of Biewers of  nie!! En net uiters oningeligte voornemende kopers en telers gaan mislei word dat daardie  reuntjies sg, Biewer Carriers” is. Hulle (die reuntjies)  beteken absoluut niks vir ‘n Yorkie – of Biewer teler ne

 

 

Beide Mnr Biewer in Duitsland, en Die Lipmans van Nikko’s kennels in Amerika het kampioen Yorkies ingevoer vanaf die Streamglen Kennels in Engeland.

Mnr Biewer het sy Biewers uit hierdie Yorkies geregistreer as Biewer Yorkshire Terrier a la Pom Pons in Duitsland en in Amerika is die swart, wit en goue hondjies in 2000 geregistreer as Parti Yorkshire Terriers (Parti beteken drie kleure – swart, goud en wit)

 

Die Biewer Terrier word nou gereken as ‘n aparte ras en het sy eie Ras Standaard (“Breed Standard” ) onder andere dat hulle kleure in die gesig swart, goud en wit moet wees en simmetries moet wees. Daar is ook ander verskille soos die lengte en grootte van die hondjies. Hulle is oor die algemeen groter as Yorkies – veral in lengte, maar hoef nie noodwewndig groter te wees nie -. Hulle kan nou toegelaat word om mee te skou as ‘n ontwikkelende ras volgens hul eie standard.

 

Die Parti Yorkie telers gebruik die Yorkie standaard as hulle standaard, maar as ‘n Parti Coloured Yorkshire Terrier. Die drie kleure hoef nie noodwendig soos by die Biewers ‘n spesifieke patroon en hoeveelheid te wees nie. Hulle mag nie skou as ‘n Yorkshire Terrier nie, want hulle kleur val buite die Yorkie standaard van slegs twee kleure nl.  staalblou en goud.

 

Verder kom alle Biewers uit die twee Yorkies van mnr Biewer en moet nagespoor kan word na Darling von Friedheck en Fru- Fru von Friedheck, (Hierdie Yorkies was Engelse EN Duitse kampien Yorkshire terriers)terwyl alle Parti Yorkies nie noodwendig van die uit die Nikko’s Kennel in Amerika hoef te kom nie.

 

Eerste Kruising:  50% Biewer en 50% Yorkie

Tweede Kruising  75% Biewer en 25% Yorkie

Derde Kruising      87,5% Biewer en 12,5% Yorkie

 

Om te verduidelik:  Die boonste syfers word soms heeltemal verwar. Die mense is onder die indruk dat die boonste syfers beteken dat hulle bv met die eerste kruising 50% Yorkies en 50% Biewers, en met die tweede kruising 75% Biewers en 25% Yorkies sal kry. Dit is nie so nie. Die syfers beteken

dat daar in elke hondjie bv 75% biewer en 25% yorkie “ Bloed” gaan wees’ nieteenstaande die hondjie se kleur . Jy kan bv ‘n swart baba kry wat soos ‘n Yorkie lyk, maar wat dan 75% Biewer bloed het. Jy d@%$& * dan net albei rasse op en wen niks daardeur nie – die dingetjie is dan nog Biewer; nog Yorkie- ‘n opregte “Hybrid

 

Splitters, Carriers, F1, F2 etc!

BE CAREFUL!!!..

Rather attempt to estimate your dog’s genotipes than to guessimate the guessotypes

Die mees algemene rede waarom ‘n persentasie van getalle % nie altyd korrek is nie, is omdat sommige telers nie oor korrekte stambome beskik nie, of oneerlik is wat hulle honde se stambome betref. Sommige sal opsetlik die persentasies verhoog om hul hondjies te verkoop, en ander omdat hul niksvermoedend die verkeerde inligting van ‘n teler ontvang het. Hoe gaan die koper weet of dit ‘n F1 of F2 of F3 is?

Wanneeer ‘n stamboom onbekend of nie korrek is nie, dan sal sommige telers dit raai (guess) en se dit lyk of dit byvoorbeeld 75% (sê maar Biewer of Biewer Carrier) is. Hierdie raaiskoot word later as ‘n feit oorgedra in plaas van ’n skatting of berekening.  ‘n Tweede rede is dat die % by gemengde werpsels kan verskil:

Voorbeeld 1:

Suiwer Biewer X Suiwer Yorkie   = 50% Filiale 1 (F1)

Suiwer Biewer  X F1 Yorkie         = 75% F1

Voorbeeld 2:

50% Biewer/Yorkie F1 X 50% Biewer/Yorkie F1 = 50% F2

50% F2  X  75% F1 = 62,5% F2

62,5% F2  X  90% F2 = 76% F3

Die hondjie in Voorbeeld 1 sal waarskynlik meer Biewer-agtig in gedrag en voorkoms wees as die een in Voorbeeld 2, want by voorbeeld 1 word konstant gebruik gemaak van ‘n suiwer (100%) Biewer reun.

Dis om bogenoemde rede dat kenners meen dat daar nie op persentasie alleen staatgemaak kan word wanneer daar besluit word oor die Biewer-agtige voorkoms of gedrag nie.

Wat gaan jy byvoorbeeld die vierde geslag nou noem?  Gaan jy hulle identifiseer as Verified 85% Biewers? Gaan hierdie 4e geslag 85% Biewer nou genoeg vir jou wees om hulle te indentifiseer as Biewers?

Wanneer is daar genoeg “Biewer einskappe” vir jou as teler om te besluit hierdie % is nou genoeg om jou hondjie ‘n Biewer of  te noem?  . Gaan jy bereid wees om 7 geslagte te teel om ‘n suiwer hondjie te kry?

Net ter inligting: Prof Bonsma moes sewe jaar kruidsteling en lynteling doen voordat dy Bansmara beeste as ‘n nuwe ras aanvaar kon word!!

En dan natuurlik uiters belangrik: Wat gaan van al die F1, F2, F3 … reuntjies word wat soos Yorkies lyk? Gaan jy hulle laat uitsit? Gaan jy almal laat kastreer en as pets verkoop? Hulle is immers volgens vooraf syfers nie opregte Biewers of Yorkies nie!

Aan ALLE mede telers: My liewe mense, moet tog asseblief nie mede- telers of voorgenome telers mislei deur “guessotypes” nie! Bly liewer by DNA ,in plaas daarvan om  die “genotypes” te “guesstimate”

Onthou net: Nêrens is daar tans ‘n instansie wat alle allele en gene betrokke by die kleur van alle honde kan identifiseer nie. “n Volledige kleur – genotype vir alle honde is dus nog nie moontlik nie!

So please   be extremely careful when buying a “splitter” / carrier/ F1, F2 etc.!!!!

“En nee, ek het geen sulke hondjies in my teelprogram nie! Sien .. ek is na al die jare nog te dom om die genotypes te guessotype of selfs om hulle te guesstimate”

Quoted from TREASURES Biewer Web 

OPSOMMEND:

Wie besluit nou in dir RSA wanneer ‘n kruisras (hybrid) tussen Yorkie x Biewer  ‘n volwaardige Biewer is – Die teler of die registrateur of albei saam? Is jy as teler of registrateur regtig bereid om vir ‘n paar rand jou etiese waardes en opregtheid en eerlikheid te verpand?

Back Back to top